KudoZ™ voorsien 'n manier vir ProZ.com gebruikers en gaste om gratis ondersteuning aan mekaar te bied met die vertaling van moeilike terme.
Vir hulp om 'n term of 'n kort frase te vertaal, pos 'n KudoZ vraag en voorsien die konteks, verlangde doeltaal, en ander opsionele inligting. Nadat jy jou vraag gepos het, sal ProZ.com gebruikers dan vertalings voorstel met verduidelikings, en somtyds verwysings.
Nadat genoeg antwoorde ingekom het, kan die mees bruikbare antwoord dan gekies word. Die persoon wat die gekose antwoord ingestuur het, word dan met KudoZ punte vergoed. KudoZ is 'n hoof maatstaf vir die sortering van vertalers en tolke in die gids.
Die vraag en voorgestelde vertaling word gestoor en word van dan af beskikbaar vir enigiemand anders.