Deur die wêreld se grootste gemeenskap van vertalers te dien, lewer ProZ.com 'n uitgebreide netwerk van belangrike dienste, bronne en ervaringe wat die lewens van lidmate verbeter. Hier is 'n lys en opsomming van die mees basiese kenmerke.
Die KudoZ netwerk voorsien 'n raamwerk vir vertalers en ander om mekaar met vertalings, of die verduideliking van terme of kort frases te help. Tot dusver, was 3,905,766 vertaling vrae gevra. Al hierdie vrae en hul voorgestelde vertalings, het 'n baie bruikbare soekbare argief teweeggebring.
ProZ.com is die beste bron van nuwe kliënte vir vertalers. Verlaling- en tolkwerksgeleenthede word deur die werksgeleentheid-sisteem geplaas, en belangstellende partye mag dan 'n kwotasie instuur. Addisioneel tot die werksgeleentheidplasing-sisteem, is daar ook 'n soekbare gids van vryskutvertalers en tolke wat gebruik mag word om taalpraktisyns te vind
Daar is ProZ.com konferensies, opleidingsessies (aanlyn en aflyn) en powwows (informele samekomste van groepe van ProZ.com gebruikers wat naby aan mekaar woon), wat regoor die wêreld plaasvind. Hierdie byeenkomste is 'n fantastiese manier om jou vaardighede uit te brei, nuwe praktisyns te ontmoet en om pret te hê.
Die Blue Board is 'n soekbare databasis van uitkontrakteerders van taal-werksgeleenthede, met terugvoering van diensvoorsieners. ProZ.com gebruikers wat met 'n spesifieke uitkontrakteerder gewerk het, mag 'n syfer van 1 tot 5 invul, wat met sy of haar "moontlikheid van verdere samewerking" met 'n sekere uitkontrakteerder korrespondeer, sowel as kort kommentaar. Met meer as 15,000 uitkontrakteerders op rekord, is dit goeie praktyk om die Blue Board te raadpleeg voordat 'n werksgeleentheid vanaf 'n nuwe kliënt aanvaar word.
Bespreek kwessies betreklik tot vertalers en tolke in forums soos Lokalisering, CAT-nutsmiddels tegniese hulp, Word gevestig, Subtitel vertaling, ens.